Diewe vertraag water lewering

Die Kaap se boorgate loop nou deur onder die vandale en diewe wat niks kan uitlos nie, ongeag die gevolge van hulle dade.

Gereedskap, voertuie en materiaal word daagliks gesteel op persele waar die raad besig is om te boor vir water.  Daarmee saam word boorgate met klippe toegegooi of word deksels en kabels gesteel.

Sedert 2017 is meer as R5 miljoen se watermeters, brandkrane en kleppe beskadig of gesteel deur misdadigers.