Die Reënboog droom – 23 jaar later.

Dit is verstommend dat artikels in die media verskyn rondom rassisme en dat daar dan deur skrywers gehuil en gekerm word oor die miljoene mense wat weerloos is teen rassisme in skole en openbare plekke.

So is Dennis George een van diegene wat sê dat rassisme tromp-op gekonfronteer moet word in ‘n land wat wettig poog om samewerking en nasionale eenheid te bewerkstellig.  Rassevoorvalle word dan aangehaal soos die doodskis “slagoffer” en die hare fiasko by ‘n Pretoriase meisieskool.

Dit maak glo die reënboog nasie van Tutu ‘n verre- en vinnige verdwynende verskynsel.  (Mog dit gouer geskied).  Werkloosheid en armoede onder swartes is nog steeds die witman se skuld – na ‘n kwarteeu onder die ANC.

Onderwys laat die swart kind met ‘n agterstand – wie se skuld is dit Dennis? My skuld of die ANC s’n?  Nou doen hy ‘n oproep op wit- onderwysers en ouers om tyd en geld te spandeer om swart kinders op te hef.

Wat het die regering gedoen om hierdie probleme aan te spreek?  Voor 1994 was die land ordelik, onderwys, medies, die regstelsel en dies meer was gesond.  Maar na 1994 is Blankes uit bestuursposte verwyder en/of op pensioen geplaas. Onbekwame bestuurders het hulle vervang en nou is dit ons skuld.

Sy siening van grondbesit is so skeef dat jy ‘n John Deere trekker daardeur kan laat draai. Verder is gesondheidsdiens slegs vir wittes en middelklas swartes terwyl die agtergeblewenes oorgelewer is aan die openbare gesondheid sorg.

DIT is wat Media 24 en Dennis George (sekretaris -generaal van die Federasie van Vakbonde) in die media verkondig.

MAAR daar word geswyg oor die moord en verkragting van Blankes.  Daar word nie gemeld van die miljoene wat deur swart ministers en amptenare gesteel is nie.  Wanneer is genoeg dan genoeg?

Ons moet uit hierdie verdraaide en onbillike stelsel kom en dit moet so gou as moontlik geskied.  Met die komende verkiesing van ‘n Boere Afrikanervolksraad (BAV) het elke reg(s)denkende Blanke die geleentheid om te registreer, sy verteenwoordiger te nomineer en te gaan stem.

Stem waar NET ons stemme sal tel en dan ‘n mandaat te gee aan die BAV om ons vryheid en grondgebied op te eis.

Hans Greef