Cyril=Jacob

Die groot opgewondenheid rondom Ramaphosa se verskyning op die politieke toneel is vinnig besig om af te neem.

As die naweek se gebeure in oënskou geneem word dan is daar weinig verskil tussen Ramaphosa en Zuma.

In die eerste plek misbruik beide die “kerk” as afspringplek om ANC stemme te wen.  Die feit dat beide geleentheid gegee word om kerkgangers toe te spreek plaas die kerke as sulks onder verdenking.

Daar is in beide gevalle toegelaat dat die kerk gekaap word om politieke redes eerder as om die Evangelie te verkondig.   Word grondgryp onder die vergroot glas geplaas dan sien ons dat Zuma lankal gedreig het dat grond afgeneem sal word van Blankes  maar skaars ‘n maand na CR se bewindsoorname vind grondgryp gevalle lukraak plaas. CR maak die verklaring dat die regering dit darem wettig sal doen,  dws sonder vergoeding met die “reg” aan hulle kant.

Dalk was Zuma net nog te besig met sy sake by die Guptas dat hy nie daarby uitgekom het nie.  CR loop in die strate rond en word gesien saam met Qedani Mahlangu, die vorige Gautengse hoof van gesondheid – onder haar bestuur van die departement het 144 pasiënte  by die Esidimeni inrigting gesterf.

So was Zuma nie skaam om met mense te verskyn wat verskeie oortredings begaan het nie.   Dus is albei maar boorlinge van die ANC en sal hul ANC en Afrika beleid uitvoer.

Dirk Vermeulen