Cyril Mugabe ’n grond rower?

Met meer as een uitspraak dat hy sal toesien dat swartmense grond van blankes sal kry, en die blankes geen vergoeding daarvoor moet verwag nie, maak van die nuwe staatshoof ’n grondrower – of is dit ’n gronddief?

Die feit dat so ’n optrede lynreg met die land se sogenaamde wonderlike grondwet bots wat almal se belange sou beskerm, is ’n duidelike bewys dat Cyril Ramaphosa nie ’n demokraat is nie en beslis iets van Robert Mugabe in hom ronddra.

Sy lofsang oor die korrupte Zuma is ook ’n teken dat hy hoegenaamd nie skroom om sy eie wanklanke te beklemtoon nie.

Daarom is dit vir my duidelik dat Cyril Ramaphosa die nuwe grondgryper van Afrika is wat Mugabe opgevolg het.

Gert Pretorius