CVO Gromar herdenk die Slag van Majuba

Leerlinge van CVO Gromar het die naweek van die 23ste Februarie die slag van Majuba saam met mede-volksgenote herdenk.

Elke jaar word die slag van Majuba van 27 Februarie 1881 herdenk in Volksrust, op die grens van Natal en die ou Transvaal. Die slag waar die Boerekrygers die Engelse soldate ‘n vernederende nederlaag laat lei het tydens die Eerste Vryheidsoorlog.

Die Majubafees is ‘n jaarlikse instelling waar talle aktiwiteite plaasvind, waaronder die vlagparade, perdry, die berg uitklim en die skyngeveg tussen die Boere en die Britte waar die slag lewendig uitgebeeld word.

Die hoofleiers van CVO Gromar het ook hierdie jaar die vlagparade  hanteer en verskeie van die leerlinge was ook deel van die penkoppe.

Die langpad daarheen was deur en deur die moeite werd. Volgende jaar is CVO Gromar se leerlinge beslis weer op die Majubaberg.