Cosatu wil staak oor BTW

Die vakverbond Cosatu dreig die regering dat hul tot staking sal oorgaan indien die besluit om BTW te verhoog nie omgekeer word nie.

Die vorige minister van finansies het tydens die begroting aangekondig dat BTW verhoog word van 14% na 15%.

Cosatu eis dat goedere wat vrygestel is van BTW vermeerder moet word, soos sekere voedsel items, water, elektrisiteit, boeke en skoolklere.

Sou die lys van vrygestelde goedere vergroot word, sal dit volgens finansiële kenners die uitwerking van die BTW verhoging neutraliseer.