Chili miljardêr verkies tot president

Die konserwatiewe miljardêr, Sebastian Pinera, het die verkiesing gewen en is ingesweer as die nuwe president van Chili.

Dit is die tweede keer binne agt jaar dat die welgestelde Sebastian Pinera verkies word tot president, en was ook sedert 2010 tot 2014 die land se staatshoof.

Die konserwatiewe president sal weer aandag moet gee aan die land se ekonomiese toestand nadat die vorige regering met ’n linkse beleid die land ekonomies verswak het.

President Sebastian Pinera het gesê hy sal noodgedwonge moet veral konsentreer op die gebied van openbare gesondheid wat in duie gestort het.

Hy sê die staat moet daarteen waak dat die burokrasie die land oorheers en daarom moet Chili weer die land vir die volk gemaak word.

Hy beoog ook om die land se belastings te verlaag, en sal waarskynlik hewige teenkanting kry uit die linkse opposisie se geledere wat voorheen die belastings verhoog het.