Brittanje skors Russiese diplomate

Nikolaj Gloesjkov, ’n sakeman uit Rusland wat tans in Brittanje woonagtig is, en ’n besondere vriend is van die vermoorde spioen wat ’n groot teenstander van president Poetin was, is ook vermoor in sy woonplek in Londen gevind.

Boris Berezovski, ’n voormalige Russiese spioen, is onlangs op ’n besonder vreemde wyse gedood in sy woonstel, en ’n span Britse speurders wat die ondersoek doen, beweer dat die moordenaar deur Rusland gestuur is om die werk te doen.

Berezovski was ’n bekende kritikus van president Poetin, en sy dood word beskou as ’n daad uit Russiese geledere, maar Rusland ontken dit ten sterkste.

Die Russe se ambassadeur in Londen het selfs ’n bedekte beskuldiging gerig dat Londen nou ’n gevaarlike plek geword het aangesien twee voormalige Russiese burgers binne dae op geheimsinnige wyse om die lawe gebring is.

Gloesjkov het in 2010 politieke asiel in Londen gekry en was voorheen ’n senior werker by die Russiese lugvaartmaatskappy, Aeroflot.

In 1998 is hy beskuldig van geldwassery en bedrog en moes vyf jaar lank agter tralies deurbring.

Na sy vrylating het hy uitgewyk na Brittanje waar hy die afgelope week op geheimsinnige wyse om die lewe gebring is alhoewel die polisie nog nie ’n moord dossier wou oopmaak nie.

Die Britse regering van premier Theresa May het Woensdagmiddag in die parlement aangekondig dat die Russiese optrede nie onaangeraak gelaat word nie.

Minstens 23 Russiese diplomate moet binne ’n week die land verlaat, en sanksies sal teen Rusland oorweeg word.

Premier May het ook gesê sy het die steun van bondgenote en die Europese Unie sal in volgende week die Russiese optrede in behandeling neem.

Die bondgenote sal Brittanje ook steun in die komende sitting van die Verenigde Nasies om Rusland se beweerde gebruik van chemiese middels aan die groot klok te hang.

Foto – Nikolaj Gloesjkov