Boko Haram ontvoer weer kinders

Die terroriste groep Boko Haram het weer toegeslaan in Nigerië en 110 skoolmeisies ontvoer, wat beskou word as hulle weerwraak op die Nigeriese weermag se operasie waartydens 77 kinders gered is.

Die terroriste het die kinders Maandag by ’n skool in die Yobe gebied van die land gevange geneem en na ’n onbekende bestemming geneem waar hulle heelwaarskynlik as seksslawe aangehou word.

Nigerië sit sedert 2014 met die ernstige situasie dat die terroristegroep skooldogters ontvoer en misbruik.

Die Nigeriese minister van inligting het besonderhede oor die jongste voorval bekendgemaak en gesê dit het by ’n skool van Dapchi in die noordelike staat Yobe gebeur.

Die terroriste het etlike jare gelede 270 dogters by ’n skool ontvoer, en die huidige 110 wat vermis word, is die tweede grootste aantal wat nog ontvoer is.

Boko Haram het reeds meer as 20 000 mense in Nigerië gedood en meer as ’n miljoen het ernstige wonde opgedoen in die tyd.