Baie pikkewyne ontdek in Antarktika

Op die haas onbekende “Danger Islands” van Antarktika het ’n span wetenskaplikes ’n massiewe “super groot” kolonie Adelie pikkewyne gevind.

Die verrassende ontdekking kom nadat waarskuwings gerig is dat die pikkewyne aan die uitsterf is, en oorweging gegee is om ’n bewaringsaksie te begin.

Die wetenskaplikes het meer as 750 000 broeipare in die onbekende gebied gevind wat as ’n groot verligting gekom het vir natuurbewaarders.

Die groot massa pikkewyne is ’n ’n “rotsagtige” gebied gevind wat tot hede uiters onbekend was en waarskynlik nog nooit deur mense besoek is nie.

Die “Danger Islands” is moeilik bereikbaar weens die bedekking van swaar see ys vir die grootste deel van die jaar, en is derhalwe nooit besoek nie.

Die wetenskaplikes het die totale pikkewyn bevolking op meer as 1,5 miljoen gestel en gesê die moontlikheid is uitgesluit dat die spesie sal verdwyn.