Avbob moet “swart” word

Volgens Muzi Hlengwa, die president van Nafupa-SA, maak Avbob te veel geld uit swart mense en het beloof dat hulle Avbob gaan “neem” en hulle eie maak ongeag of hul tronk toe gaan of nie.

Die maatskappy moet oorhandig word aan swart mense volgens Hlengwa.

Die feit dat Avbob borgskappe gee aan gemeenskapsprojekte soos die Mzansi Jeugkoor, tel klaarblyklik geen punte nie.

Politieke ontleders sê dat uitsprake en eise soos hierdie, al hoe meer sal word namate Julus Malema eise stel en Cyril Ramaphosa daaraan toegee, soos reeds met grondonteiening sonder vergoeding gebeur het.