Australië wil boere help

Die Australiese se minister van binnelandse sake het Suid-Afrikaanse boere se toestand as skrikwekkend beskryf en gesê daar moet gekyk word om boere se visum aansoeke te bespoedig.

Die ANC regering het die uitlatings onmiddelik veroordeel.

Meer as 500 000 Suid-Afrikaners het die afgelope 30 jaar die land verlaat en daar word bereken dat ‘n verdere 112 000 in die volgende vyf jaar die land kan verlaat.

Dit is verblydend dat die buiteland se oë besig is om oop te gaan.

Intussen het Cyril Ramaphosa in die parlement gesê dat dit nie revolusionêr is om mense aan te moedig om grond te beset nie.