Aggressiewe MI-virus in Filippyne

’n Veel meer aggressiewe met ’n weerstand teen medikasie sub-soort MI-virus is in die Filippyne gevind wat volgens kenners, tot ’n algehele epidemie kan lei.

Die virus wat uiteindelik Vigs veroorsaak, is glo veel meer aggressief as enige ander virus wat tot dusvêr bekend is.

Die Filippyne het die vinnigste groeiende MIV besmetting en het ’n toename getoon van 140% sedert 2010 tot 2016.

Die Departement van Gesondheid in die land het die inligting bekendgemaak en bygevoeg dat ernstige kommer bestaan oor die gevaar wat die nuwe, erg aggressiewe virus mag inhou vir die bevolking.

Die departement sê statistieke toon dat daar reeds meer as 50 700 gevalle van MIV voorkom in die land, en projekteer dat dit in die volgende vyf jaar kan styg tot meer as 145 000 gevalle.

Die gesondheidsowerheid is egter onseker wat die uitwerking op die bevolking gaan wees as die nuwe virus verder versprei.

Geneeskundiges sê die gevaar is dat die virus reeds meer as ’n 100 verskillende subspesies het en beskik oor die vermoë om elke keer te verander wanneer dit in ’n nuwe sel sou kom.