Afghanistan bied terroriste erkenning

In ’n poging om rustigheid in Afghanistan te verseker, het die land se president aangebied dat erkenning gegee word aan die Taliban deur ’n konferensie te hou waarin ooreenkomste bereik word.

Die “Kabul Proses” is glo ’n vredeskonferensie wat aangebied sal word om die Taliban te betrek en tot ’n ooreenkoms te kom.

President Ashraf Ghani se aanbod aan die Taliban is om sonder enige voorwaardes  te stel, die konferensie te hou in Kabul met die bedoeling om ’n vredesooreenkoms te tref.

In 2017 heet die president met die sogenaamde “Kabul Proses” begin maar dit was sonder sukses.

Amptelike verteenwoordigers uit 15 lande is genooi om die konferensie by te woon en insette te lewer oor wat gedoen kan word om die 16 jaar van gewelddadige stryd te beëindig.

Die Taliban het vroeër die land regeer tot die Verenigde State van Amerika ingegryp het en die terroriste uit die regering geruk het.

Foto – President Ashraf Ghani