AfD wen saak teen Duitse minister

Die nasionalisties Alternatief vir Duitsland (AfD) het ’n klag geneem na die Grondwetlike Hof teen die minister van opvoeding, minister Johanna Wanka, en het die saak gewen.

Die klag is geopper nadat die minister in 2013 reeds gevra het dat ’n boikot teen die AfD ingestel moet word.

Die regter het beslis dat ingevolge die reëls, moet ministers neutraal staan in hulle handeling teenoor alle politieke partye.

Die minister, wat ’n lid van kanselier Merkel se Christen Demokrate Unie (CDU) is, sal waarskynlik eersdaags haar kantoor moet ontruim om plek te maak vir Merkel se nuwe minister van opvoeding.

Die regter het ook die minister betig en gesê dit is onbehoorlik vir ’n minister om burgers van die land aan te moedig om te boikot of om deel te neem aan protes optogte.

Alexander Gauland, die leier van die AfD het die howe geloof vir hulle goeie beoordeling van sake, want hy was die sentrale punt toe nuusblaaie rapporteer het dat sy motor se registrasie letters AH is, wat staan vir Adolf Hitler.

Foto – Minister Johanna Wanka