Zuma moet aangekla word

Vyf senior aanklaers het aanbeveel dat die afgesette president Jacob Zuma tereg moet staan op alle aanklagte wat voorheen teen hom terug getrek is.

Die aanbeveling is glo oorhandig aan die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging, Shaun Abrahams.

Zuma moet glo op 18 klagtes van korrupsie en geldwassery teregstaan wat spruit uit 783 “betalings” wat hy ontvang het.

Dit word nie verwag dat die saak baie gou in die hof sal verskyn nie, veral in die lig van die feit dat Shaun Abrahams self in die spervuur is en daar ‘n moontlikheid bestaan dat hy sy pos kan verloor.