Talle vroue in Iran kry doodstraf

Te midde van verskeie groeperinge se versoeke, het Iranse owerhede bekendgemaak dat ’n aantal vroue wat betrokke was by die Islamitiese Staat se bedrywighede, tot die dood veroordeel is.

Die vroue het blykbaar ’n maand tyd om te appelleer teen die hof se uitspraak waarna skuldiges die doodstraf opgelê sal word.

Die 16 Turkse vroue is Sondag veroordeel nadat hulle glo betrokke was by die Islamitiese Staat terroriste en dit blyk dat nog mense vervolg gaan word.

Die regering in Bagdad is glo met ’n vervolgingsaksie besig om vroue uit die buiteland vas te trek wat in Iran betrokke was by terreurgroepe gedurende 2017.

Die vroue waarvan daar waarskynlik ’n paar honderd van in die land is, en in die ouderdom van 20 tot 50 jaar is, het blykbaar ook hulle kinders betrek by sekere aktiwiteite.

Die 16 vroue het in die hof erken dat hulle saam met hulle mans na Iran gekom het waar hulle as vegters van die terreurgroep aangesluit het.

Iran het sowat 560 vroue en meer as 600 kinders geïdentifiseer wat glo betrokke was by die terroristebeweging, en almal staar nou ernstige vervolging of selfs die doodstraf in die gesig.

Onbevestigde berigte lui dat Iran meer as 20 000 mense gevange hou wat aktief betrokke was by die Islamitiese Staat.