Skietstilstand akkoord in Sirië

Die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies  het na ’n dringende sitting ’n resolusie goedgekeur gekry tot ’n skietstaking van 30 dae waarin maniere gevind moet word om die burgeroorlog te stop wat vir die dood van honderde mens verantwoordelik is.

Die deurbraak is bereik te midde van die aanvanklike sterk teenkanting van Rusland wat die burgerlike rebelle as terroriste beskou wat poog om die wettig verkose regering van die land omvêr te gooi.

Die akkoord is bereik nadat pleidooi gelewer is dat burgerlikes in uiters haglike omstandighede verkeer en dringende mediese versorging, asook nood voedselvoorraad benodig.

Rusland het aanvanklik verseg om die resolusie te steun, maar moes later wel instem nadat al die ander lede van die Veiligheidsraad ten gunste van ’n skietstilstand ooreenkoms gestem het.

Meer as 500 burgerlikes het reeds in die afgelope week omgekom in die herhaaldelike lugaanvalle wat deur die Siriese Lugmag uitgevoer is teen die rebellemagte.