Sewe weke se lesings tot niet

Die Departement van Hoër Onderwys het nou ingegryp tussen die bestuur van die Durbanse Universiteit van Tegnologie en personeel se loongeskil.

Die staking van personeel het reeds gelei tot sewe weke se verlore lesings.

Bestuur staan by hul besluit van “geen werk geen vergoeding”.

Die adjunkminister van Hoër onderwys, Buti Manamela, sal nou poog om die probleem op te los.