Russiese opposisieleier weer gevang

Alexei Navalny, politieke opposisieleier van Rusland, is weer in aanhouding nadat hy ’n optog gelei het, maar is later vrygelaat deur die Russiese polisie.

Hy staar vervolging in die gesig en kan weer deur ’n hofbeslissing tot 30 dae tronkstraf opgelê word.

Die senior verkiesingsbeampte is ook in aanhouding en word nie vrygelaat nie, wat die opposisieleier se verkiesingsveldtog aansienlik belemmer.

Alexei Navalny is in Moskou gevange geneem kort nadat hy die kamers van sy tandarts verlaat het, en moes sy kiesers op hoogte van sake hou deur ’n kort boodskap op die sosiale netwerk te plaas waarin hy bevestig dat hy al weer vervolging in die gesig staar.

Hy beweer dat die Russiese owerheid hom graag agter tralies wil hou so kort voor die verkiesing van 8 Maart om daarmee te probeer dat sy ondersteuners nie teen president Poetin sal stem nie.

Navalny word ingevolge die land se kieswet verbied om kandidaat vir die verkiesing te wees aangesien hy reeds verskeie kere skuldig bevind is deur ’n hof vir sekere oortredings.

In gevolge die kieswet mag ’n persoon nie as kandidaat staan in die presidentsverkiesing as hulle vroeër skuldig bevind is aan strafregtelike oortredings nie, maar gerugte doen die rondte dat klagtes en skuldigbevinding deur die owerheid gefabriseer is om hom uit die wedloop teen Vladimir Poetin te hou.

Foto – Alexei Navalny