Russe stuur sy beste vegvliegtuie na Sirië

Rusland het pas sy mees moderne vegvliegtuie na die oorlog geteisterde Sirië gestuur  en daarmee enige moontlike teenstand van Westerse lande probeer verhoed.

Die Russe se SU-57 vegvliegtuie sal op die Hmeymim lugmagbasis in Sirië gestasioneer wees.

Dit is nog nie duidelik waarom Rusland die moderne vegvliegtuie na sy basis in Sirië gestuur het nie, maar die vermoede bestaan dat hulle die oplaaiende spanning tussen die regerings van Turkye met Sirië wil gebruik om die Turke af te skrik.

Rusland het die SU-57 ontwikkel in antwoord op die Amerikaanse F-22 wat die land e duurste en mees moderne vegvliegtuig is.

Moskou is ’n bondgenoot van die Siriese regering van president Assad, en sal nie huiwer om teen Turkye op te tree as die land sy waarskuwing aan Sirië wil uitvoer nie.

Die huidige gevegte in Sirië woed egter tussen die regeringsmagte en die Siriese rebelle, wat ook deur Rusland as terroriste beskou word.

In die afgelope week is meer as 500 burgerlikes deur lugaanvalle van die Siriese regering gedood, waarvan 120 kinders is.