Polisielid geskiet

Tydens ‘n skietery in Booysens, Johannesburg, is ‘n metro-polisiebeampte in die kop geskiet.

Die laaste dae is reeds verskeie polisielede dood in skietgevegte.

‘n Uitgebreide soektog na die verdagtes in Booysens het na verneem word sover nog niks opgelewer nie.

‘n Beloning van R100 000 is uitgeloof  vir die inhegtenisname en skuldigbevinding van die moordenaars.

Die VF Plus het intussen die vlaag van wetteloosheid veroordeel en sê hy sal geen steen onaangeroer laat om te help om die stad van Johannesburg misdaadvry te maak nie.