Openbare Beskermer se kop geëis

Die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, verklaar dat regters nie objektief is in hul uitsprake nie.  Die howe moet volgens haar rigting aandui rakende sake van die reg.

Sy het dit verklaar nadat sy pakslae gekry het van ‘n volle regbank in haar saak teen Absa.

Verder het haar (nou voormalige) minister van finansies, Malusi Gigaba, verklaar dat sy bevindings gemaak het  wat gebaseer was op inligting wat  nie bewys kon word nie.

Die hof het beveel dat sy 85% van Absa en die Reserwebank se koste moet betaal (uit belastinggeld) maar dat die ander 15% in haar persoonlike hoedanigheid betaal moet word.

Sy het in ‘n radio onderhoud gesê sy sal OB bly tot in 2023, alhoewel haar geloofwaardigheid nou ernstig onder verdenking is en daar al hoe meer stemme opgaan dat sy as gevolg daarvan haar pos moet ontruim.