Onafhanklike Polisie Ondersoek Direktoraat en Ngcobo

Die Onafhanklike Polisie Ondersoek Direktoraat (OPOD) ondersoek die gebruik van uitermatige “mag” by die skietvoorval  waar die polisie by ‘n kerk betrokke was met die verdagte Ngcobo skieters.

Tydens die voorval is sewe mense doodgeskiet, waaronder skynbaar ‘n ongewapende minderjarige tel. Dit was in reaksie op die voorval verlede week toe sewe mense by ‘n polisiestasie doodgeskiet is.

Die polisie kommissaris het gemeenskapsleiers ingelig dat die polisie ‘n voorbeeld gemaak het van diegene wat polisiestasies aanval.

Waarnemers sê egter sou ‘n plaasboer 7 verdagte terroriste doodskiet wat sy huis aanval en sy gesin se lewe bedreig, sal al wat ‘n politikus en aanklaer is op hom toesak en hom van moord of manslag beskuldig.