Noordwes premier ondersoek vir staatskaping

Supra Mahumapelo, premier van Noordwes, word ondersoek deur die Valke nadat dit aan die lig gekom het dat hy ‘n besoek van senior gesondheidsamptenare na Indië goedgekeur het.

Die rit is glo deur ‘n Gupta-beheerde maatskappy befonds.  Die firma Mediosa is betrek in ‘n R50 miljoen kontrak waarvan R30 miljoen betaal is voordat iets verrig is.

Die Vryburger het voorheen berig van die sg. “mobiele klinieke” wat die provinsie sou bedien. Twee is glo op die pad teen R30 miljoen en berekeninge toon dat dit eerder ‘n reisende hospitaal  moet wees.