Nog omkopery in Johannesburg

Dertien amptenare van die Johannesburgse Stadsraad het glo R2,7 miljoen ontvang as “betalings” van ‘n verskaffer van die raad.  Pryse is opgeblaas met tenders en so is die beamptes vergoed vir hul “samewerking”.

Herman Mashaba, die burgemeester, is teleurgesteld dat daar nog persone werksaam is in die raad wat hul skuldig maak aan omkopery en bedrog.

Foto: Herman Mashaba