N2 by Ballito gesluit

Nog ‘n protes optrede het gelei tot die sluiting van paaie.

Hierdie keer is dit by Ballito waar die N2 gesluit moes word nadat meer as 10 motors beskadig is deur klipgooiers.

Stormreën het kragonderbrekings veroorsaak en die inwoners van die swart woonbuurt het toe hul frustrasie op onskuldige motoriste uitgehaal.