Koue jogurt tert

‘n Maklike en koel jogurt tert vir die hitte. Vinnig om te maak en daar sal nie ‘n krummeltjie oorbly nie.

 

Bestanddele:

1 liter grenadella en perske jogurt

1 blik kondensmelk

1 pakkie suurlemoenjellie

125 ml kookwater

250 ml room

1 paie tennisbeskuitjies

Grenadella pulp en ingelegde perskes vir versiering.

 

Metode:

Los suurlemoenjellie op in kookwater en laat effens afkoel.

Meng jogurt en kondensmelk baie goed.

Meng dan alles goed behalwe die room en grenadellapulp en perskeskywe.

Pak lagies Tennisbeskuitjies in tertbak.

Gooi die vulsel bo-op die Tennisbeskuitjies.

Laat ‘n rukkie in die yskas om effens te stol.

Klits room styf en smeer oor vulsel.

Versier met die grenadellapulp en ingelegde perskeskywe.

Plaa in skas om te stol.

 

Geniet hierdie yskoue tert