Grondhervorming en korrupte amptenare

In ‘n saak in die Durbanse Handelsmisdaadhof is dit aangetoon hoe maklik korrupte amptenare die proses van grondhervorming manipuleer en daardeur die regering en die begunstigdes besteel van hul geld en regte.

Die uitspraak in die Kuick Vlei Nedersetting saak kom te midde van voortslepende debatte rondom die regering se mislukking om effektiewe grond hervorming te bewerkstellig.

Die saak teen Patrick Masoka het tien jaar geneem na sy “oorname” van die grond.  Kenners meen dat dit nou tyd is dat ‘n oudit gedoen moet word wie grond besit nadat die staat dit oorgeneem het vir die sg. grondherverdeling en -hervorming proses.