Groeiende teenkanting teen EU immigrasie

Die Europese Unie se beleid van herverspreiding van onwettige immigrante “is nie goed nie en werk nie”, is die mening van Europa se opkomende politieke leier, Sebastian Kurz van Oostenryk.

Kanselier Kurz het die opmerking gemaak in sy verwelkomings boodskap met die besoek van Hongarye se eerste minister, Viktor Orban.

Die twee leiers het ’n oproep gedoen om ’n sterk opposisie te vorm teen die onwettige immigrante wat oorspoel na Europa.

Kanselier Kurz het in Wene tydens ’n perskonferensie gesê dit is waarskynlik sy taak om die lande van die Westelike deel van Europa nader te bring aan die Oostelike lande om teenkanting te bied teen die invloei van onwettige immigrante.

Hongarye, Pole, Slowenië, en die Tsjeggiese Republiek het onlangs ernstig gebots met die Europese Unie oor die toelating en herverspreiding van sogenaamde vlugtelinge uit die Midde-Ooste en Afrika.

Premier Orban van Hongarye is bekend in Europa vir sy sterk standpunte oor immigrante, en is besig om ander politieke leiers van Europa te wys op die ernstige bedreiging wat hulle inhou.

Oostenryk se vorige regering het 80 miljoen euro aan kinderversorging van immigrante begroot, wat deur waarnemers bestempel is as die “sekerste manier om die Oostenrykse bevolking te vernietig”.

Foto – Premier Viktor Orban en kanselier Kurz