Eggenoot van Koningin Margaretta oorlede

Prins Hendrik, die eggenoot van die Deense koningin Margarette II is oorlede in die Fredensborg Paleis van Denemarke.

Die Prins van Denemarke is tot op sy laaste oomblik van lewe bygestaan deur koningin Margarette en hulle twee seuns.

Die 83-jarige prins Hendrik is gebore as Henri Marie Jean André de Laborde de Monpezat op 11 Junie 1934 in die suidwestelike deel van Frankryk.

Hy het sy eerste vyf lewensjare in Viëtnam deurgebring waar sy familie ’n sakeonderneming gehad het, en eers in 1939 het hulle teruggekeer na Frankryk waar hulle gewoon het tot die Tweede Wêreldoorlog begin het, maar het in Parys hom gekwalifiseer as ’n gesiene regspersoonlikheid.

Hendrik het die Deense kroonprinses Margarette tydens ’n spog dinee in Londen ontmoet waar sy toe nog studeer het, en is in 1967 getroud, sowat vyf jaar voordat sy as Denemarke se koningin gekroon is.

Hy was egter tot sy dood teleurgesteld dat hy nie die titel van koning gekry het nie, en het daarom aangedui dat hy nie langs sy vrou begrawe wil word nie omdat hy nooit haar gelyke was nie.

Die prins het  terwyl hy geslaap het, stil heengegaan.

Foto – Prins Hendrik