Durban en die toilet debakel

‘n Verslag wat gelek is dui daarop dat meer as R36 miljoen in die rioolstelsel van Durban en omliggende dele “verdwyn” het.

Twee senior amptenare in die eThekwini munisipaliteit het betalings gemagtig vir die vooraf betaling aan vier maatskappye wat toilet fasiliteite aan die verarmde gemeenskappe sou voorsien.

Daar sou 2 200 toilette teen R18 300 voorsien word, maar daar het niks van gekom nie.