Duitse Sosialiste leier Schulz bedank

Die voormalige president van die Europese Parlement en huidige leier van die linkse Sosiaal Demokratiese Party in Duitsland het sy uittrede as partyleier aangekondig.

Martin Schulz se plek as partyleier sal waarskynlik gevul word deur Andrea Nahles, wat intussen genomineer is as nuwe leier.

Sy moet egter eers deur die April konferensie van die Sosialiste verkies word, maar dit lyk asof sy die meerderheid steun sal geniet.

Schulz se bedanking as partyleier is onmiddellik van krag nadat hy vir dae lank in debat met die Sosialiste Party was en waar aansienlike meningsverskille oor sy posisie as koalisievennoot van kanselier Angela Merkel is.

Die Sosialiste is nie tevrede met wat Schulz beding het om deel te vorm van die nuwe koalisieregering nie, terwyl die lede van die Christen Demokratiese Unie ewe ongelukkig is met Kanselier Merkel se nuwe regering.

Met Martin Schulz se uittrede sal die Sosialiste se keuse op Andrea Nahles val, wat ook die party se eerste vroulike leier sal wees om die party, wat reeds 150 jaar bestaan, verder te lei.

Foto – Martin Schulz