CRL Rights Commission na Gronwetlike Hof oor kerke

Volgens die CRL Rights Commission se woordvoerder, Mkhwanazi Xaluva, rig sy haar nou tot die Grondwetlike Hof om die regering te dwing om alle kerke onder wetlike regulering te plaas. Sy voel omgekrap dat haar versoek verlede jaar verontagsaam is en gebruik die Engcobe voorval waar ʼn kultusgroep ʼn polisiestasie aangeval en polisie doodgeskiet het as regverdiging.

Die gebeure by Engcobo, waar lede van die Mancoba Seven Angels Ministry verskeie polisielede doodgeskiet het, is maar een van vele swart kerklike (of kulusse?) optredes wat hulle onbegrip met die Christelike geloof uitwys  Onlangse verskynsels is “prophet” Lethabo Rabalago wat sy lidmate met Doom-gif bespuit het om verdeeldheid te bestry; die slang pastoor, Penual Muguni wat sy lidmate slange laat eet het om sy “god” se mag aan te dui; die gras pastoor, Lesego Daniel, wat gemeentelede gras laat eet het vir herstel. Almal het een gemeenskaplike verwysingsraamwerk wat spruit uit die Afrika “geloof” en die struikeling na die Christelike geloof moet dus daar gesoek word.

Die Grondwetlike Hof het hom al verskeie kere bewys as ʼn instansie wat onsimpatiek staan teenoor die Afrikaner en sy kultuur; sy kerk is deel daarvan.. Die onlangse voorbeeld is die wegneem van Afrikaans by die Afrikaner gestigte Kovsies universiteit. As Xaluva se saak by die grondwetlike Hof aanvaar word het Afrikaner kerkgroepe rede om by voorbaat onrustig te voel.