Cooper haak vas by apartheid

Die TV-stasie, e-NCA, het met professor Saths Cooper, van die International Union of Psychological Science, op 26 Februarie ʼn onderhoud gevoer met die vraag of die Mancoba Seven Angels Ministry, ʼn kerk of ʼn kultus is. Die polisie het in hulle teenoptrede vandeesweek  die “kerk” binne geval en verskeie van sy “lidmate” dood geskiet nadat van die kerk se lede verskeie polisie gedood het tydens ʼn aanval op die Engcobo polisiestasie.

Prof. Cooper het verskeie redes uitgewys waarom dit nie aan die vereistes van ʼn kerk voldoen nie. Geheimsinnigheid, wilsafdwinging op lidmate en magskepping vir die kerk se hoofde is onder andere uitgewys.

Op ʼn vraag waarom sodanige organisasies, wat hulle as kerke beskou so optree het die geleerde professor geantwoord dat dit veroorsaak word deur toestande van onstabiliteit op sosiale, ekonomiese en politieke gebied. Hy het toe ook weer die holrug saak van apartheid bygesleep as die skuldige wat die onstabiliteit geskep het (24 jaar gelede?) en in dieselfde asem Zuma se onstuimige regeringtyd ook bygevoeg.

Foto: Prof Saths Cooper