Amerika verdeeld oor wapenbeheer

Amerikaners is skerp verdeel oor die regte van burgers en die besit van vuurwapens, en daardie verdeeldheid het ’n nuwe fase betree na die dood van 17 kinders in die Florida skool se skietvoorval

Die Demokratiese Party veg vir strenger wapenbeheer, en die Republikeine sê dit is nie die oplossing om skietvoorvalle te verhoed nie.

Wayne LaPierre, ’n kenner en uitgesproke Republikein, het pas tydens ’n jaarlikse byeenkoms van konserwatiewe aktiviste, sterk standpunt ingeneem oor die Amerikaanse burgers se regte en vryhede.

Hy het ook sterk uitsprake gemaak teen diegene wat wapenbeheer voorstaan en gesê dit is slegs ’n manier om ’n groter houvas op burgers te bekom, want almal weet dat strenger beheer nie skietvoorvalle sal voorkom nie.

Wayne LaPierre stem saam met die Nasionale Wapen Vereniging wat sê dat die voorstanders van strenger wetgewing oor wapen besit slegs inbreuk maak op die vryhede van burgers.

Hy se die mense wat ten gunste is van strenger wetgewing is ook ten gunste van strenger wette oor talle ander sake, bloot omdat hulle groter kontrole oor die mense wil kry.

In die VSA kan enige persoon bokant die ouderdom van 18 jaar ’n wapen bekom, en die beveiliging van die wapen word nie voorgeskryf om in kluise toegesluit te bly nie

Foto – Wayne LaPierre