Ace Magashule se dogter kry R9 miljoen

Dit het aan die lig gekom dat Thoko Alice Malemba, die ANC sekretaris-generaal en tot op hede Vrystaatse premier Ace Magashule se dogter, ‘n bedrag van R9 miljoen ontvang het vir ‘n eiendomstransaksie deur die Vrystaatse Ontwikkelings Korporasie.

Die voorsitter van die korporasie is skynbaar ‘n groot vriend van Magashule.

Sy een seun werk glo ook vir die Guptas en sy naam word genoem in die kaping van die Vrystaatse regering asook die omstrede Vrede melkplaas projek.

Foto: Ace Magashule