Zimbabwe hou verkiesing in Julie

Die man wat direk verantwoordelik was vir die dood van talle mense in die bewind tydperk van diktator Robert Mugabe, is tans president van Zimbabwe, en het pas bekend gemaak dat die land se kiesers in Julie na die stembus gaan om ’n president te kies.

Hy sê Zimbabwe sal ’n “vry, regverdige, en geloofwaardige” verkiesing teen Julie 2018 hou om ’n president vir die land te kies.

Alhoewel ’n “verkiesing” gehou gaan word, in ontleders nie so seker van die proses nie aangesien hulle glo dat Emmerson Mnangagwa nou nie juis ’n demokraat is nie.

Daarbenewens het hy ’n gure rekord uit die verlede wat om sy nek hang oor hoeveel mense om die lewe gebring is toe Mugabe aan bewind was.

Emmerson Mnangagwa was ook betrokke by die “sagte staatsgreep” om van Mugabe ontslae te raak, en dit so te doen dat die diktator nie vervolg mag word nie.

Hy sê die moontlikheid bestaan dat die presidentsverkiesing selfs vroeër as Julie gehou kan word, en ’n amptelike aankondiging sal glo later gemaak word.

Mnangagwa het tydens sy toespraak by die Wêreld Ekonomiese Forum in Switserland, die aankondiging gemaak, maar talle afgevaardigdes het die aankondiging met ’n knippie sout geneem en sommige het dit afgemaak as “van minder belang vir die wêreld”.

Volgens berigte was hy die “krokodil” van Zimbabwe, en word steeds deur opposisie lede verantwoordelik gehou vir die moorde op meer as 20 000 mense van die Ndebele bevolking.

Foto – Emmerson Mnangagwa