Worskasserol

Worskasserol vir aandete. Sommer ‘n maklike ete wat u nie nodig het om voor die stoof te staan en oppas nie.

 

Smeer ‘n kasserolbak met ‘n deksel.

Gooi 1 koppie rou rys in die kasserolbak.

Sny ‘n pakkie boerewors (hoeveelheid na u smaak) in 1cm stukkies en pak op die rys.

Gooi 2 koppies gevreisde Hawaiise roergroente oor die wors.

Meng ‘n pakkie beesstert of bruin uiesoppoeier met 3 koppies kookwater en gooi oor als in die kasserol.

Sit deksel op en bak by 180 grade C vir 45 minute, verwyder die deksel en bak vir nog 15 minute.

Indien verkies, rasper bietjie kaas oor en sit terug in die oond en laat die kaas goed smelt tot dit begin borrel of effe verbruin.

Geniet die ete