Wêreld Nuusflitse – 8 Januarie

Osoonlaag

Die Amerikaanse Ruimtevaartagentskap Nasa het foto’s wat vanuit die ruimte geneem is, gepubliseer wat toon dat die gat in die osoonlaag aansienlik kleiner geword het, wat vir die eerste keer in dekades plaasvind.

 

Duitse politici

Politici in Duitsland is bekommerd oor die jongste meningspeiling wat toon dat kanselier Merkel se tyd verby is, en vrees dat die nasionalistiese party Alternatief vir Duitsland by ’n volgende verkiesing die bewind kan oorneem in navolging van wat in die buurstaat Oostenryk gebeur het.

 

Kritiek teen Trump

Hewige reaksie in ontlok op die sosiale netwerk nadat die Amerikaanse president, Donald Trump, na homself verwys het as ’n “stabiele genie”. Die opmerking volg glo nadat ’n boek oor hom verskyn het waarin die teendeel beweer is.