Vinnige ete vir Saterdagmiddag met roosterbroodblokkies

Maklike eenskottel gereg: Bestanddele hang af van die hoeveelheid gaste. U kan u eie oordeel gebruik:

Maalvleis (gaar gebraai saam met die uie en bygevoegde gemengde groente en sampioene)

Uie gekap

Gemengde gevriesde groente

Sampioene in helfte gesny

‘n Paar snye geroosterde brood in blokkies gesny

Gerasperde kaas

1 pakie sampioen soppoeier aangemaak met melk (aanwysings op pakkie maar gebruik melk i.p.v. water om aan te maak)

 

Smeer oondbak en gooi helfte van die broodblokkies onder in die bak.

Gooi maalvleismengsel oor broodblokkies.

Gooi res van broodblokkies oor die maalvleismengsel.

Strooi gerasperde kaas bo-oor.

Gooi aangemaakte soppoeier oor.

Bak tot gestol.

 

Vingerlek lekker en vinnig.