Twee skepe bots, talle mense gesoek

Die Sjinese owerheid is op soek na 32 vermiste mense nadat ’n olietenkskip en ’n reuse vragskip gebots het in die Sjinese Oossee gebied.

Die olietenkskip het ook begin om olie te mors in die see, waarna die skip in vlamme uitgebars het wat tot grootskaalse besoedeling lei.

Van die 32 bemanningslede was 30 van Iranse afkoms en twee van Bangladesh, maar dit is onduidelik wat van die vermiste bemanning geword het.

Die Sjinese regering het in ’n verklaring gesê die olieskip is geregistreer in Panama, en die oliebesoedeling is baie hoog en die skip is in vlamme wat dit totaal vernietig.

Die 300-meter lange skip met sy vrag van 136 000 ton ru-olie was vanaf Iran onderweg na Suid-Korea toe dit met ’n Hongkong geregistreerde vragskip gebots het sowat 250 kilometer van die Sjinese kus.

Die vragskip wat graan vervoer het, het ook ernstige skade opgedoen maar kon ongehinderd voortbeweeg.