Twee Korea state gereed vir gesprek

Die kommunistiese Noord-Korea het ingestem om met Suid-Korea in gesprek te tree na jare van geen amptelike kontak tussen die twee state nie.

Die state het ingestem om hierdie week met mekaar te praat in ’n poging om die verhouding tussen die twee te verbeter wat tot nou toe baie swak is.

Dit sal die eerste gesprek wees sedert Desember 2015, maar hierdie keer sal daar ook gepraat word oor die Noorde se kernwapen ontwikkeling wat ’n bedreiging vir wêreldvrede geword het.

Noord-Korea se skielike gewilligheid tot dialoog, word beskou as ’n poging om deel te neem aan die Olimpiese Spele wat in Februarie gehou word in Suid-Korea.

Die gesprek sal in ’n klein dorpie, Panmunjom, wat geleë is in die gedemilitariseerde strook tussen die twee state.

Die spanning tussen die twee lande het toegeneem nadat die regime in Pyongyang met in intensiewe program begin het om ballistiese missiele te lanseer as deel van hulle kernwapen ontwikkelingsprogram.

Die Amerikaanse president het egter in die Verenigde Nasies gesê die VSA het geen geloof in die samesprekings solank as wat Noord-Korea voortgaan met sy kernwapen program nie.

Foto – Kim Jong-Un