Trump vra miljarde dollar vir grensmuur

Die Amerikaanse president, Donald Trump, vra $18 miljard van die Kongres om die eerste fase van die grensmuur met Meksiko op te rig.

Die grensmuur word opgerig in ’n poging om onwettige immigrante uit die buurstaat te verhinder om na Amerika oor te stap.

Die president het verlede Vrydag gevra dat die Kongres fase een se bedrag van $18 miljard moet goedkeur en dat hy in ruil daarvoor aanbied om die “Barack Obama dromers” in die land te beskerm.

Fase een behels die oprigting van ’n hoë muur wat strek oor ’n afstand van meer as 1 100 kilometer,

President Trump het aanvullend ook van die Kongres gevra dat $33 miljard goedgekeur word vir veiligheidsmaatreëls, strenger asiel reëls, en ook die opgradering van die federale stelsel om onwettige immigrante in stede vas te trek.

Die sogenaamde “dromers” is jong mense wat onwettig in die land is en deur Barack Obama toegelaat is om ook in die VSA te studeer ’n te werk sonder enige dokumente of paspoorte.

Vroeër het president Trump gedreig dat hy die “dromers” gaan deporteer omdat hulle ’n veiligheidsrisiko kan wees en werksgeleenthede kry wat aan Amerikaanse burgers gegee moet word.