Trump sien neer op Afrika

President Donald Trump het in die Amerikaanse Wit Huis sy keel skoongemaak oor diegene wat vanuit sekere Afrika lande en Haiti na Amerika wil emigreer.

Die president het gevra waarom wil die mense vanaf die Dirty Hole Countries uit Afrika en Haiti na Amerika gaan.

Die Washington Post  het berig dat die president by geleentheid gevra het waarom so baie mense uit die “halfnaatjie lande” na die VSA wil gaan.

Blykbaar het president Trump ook gevra “waarom wil ons die mense uit Afrika toelaat in Amerika, en ons behoort meer mense uit Noorweë te trek”, het hy gesê.

President Trump het die naweek senatore en kongres afgevaardigdes by die Wit Huis ontvang om ’n wetsontwerp wat deur beide partye goedgekeur is, te bespreek wat handel oor immigrasie na die VSA.

Die woordvoerder van die Wit Huis het later geen poging aangewend om te ontken dat die president wel die uitlatings gemaak het nie, maar het wel probeer verduidelik wat met die wetgewing bedoel word.

“President Trump sal altyd stry om die belange van die Amerikaners te beskerm”, het die woordvoerder gesê.

Foto – President Trump