Trump dreig met hof oor publikasie

Die regsverteenwoordigers van president Donald Trump het sowel Steve Bannon en sy boek se uitgewers gewaarsku dat regstappe teen hulle ingestel kan word.

Dit volg nadat Michael Wolff ’n boek geskryf het met die titel “Fire and Fury” wat handel oor sogenaamde onaanvaarbare optrede van die president in die Amerikaanse Wit Huis.

Intussen het die uitgewery dit duidelik gemaak dat hy nie deur die waarskuwing beïnvloed word nie, en daarmee die datum van vrystelling met vier dae vervroeg.

Die boek met die volledige titel, “Fire and Fury: Inside the Trump White House” het die lig gesien nadat die uiters liberale joernalis, Michael Wolff, vir maande in die wandelgange van die Wit Huis rond gedrentel het om skinderstories oor die president op te vang.

Steve Bannon is vroeër deur die president afgedank, wat nou ’n bydrae gelewer het dat die boek kon verskyn het.

Bannon was die senior strateeg van president Trump, maar is een van die talle aanstellings wat weer afgedank is weens onaanvaarbare optrede.

Instansies soos die vêrlinkse CNN televisie probeer groot gewag maak van die boek se inhoud, en het reeds die naam gekry dat hulle slegs die negatiewe nuus, waarheid of nie, van die Amerikaanse president beeldsaai.

Die president het opgemerk dat Bannon vinnig van deuntjie verander het nadat hy afgedank is, en politieke waarnemers meen die boek is van geen belang vir die Amerikaners nie, behalwe vir die linkses wat gryp na elke moontlike skinderstorie om die president te diskrediteer.

Die invloedryke miljardêr, Rebekah Mercer, het intussen bo alle verwagting, haar steun aan president Trump gegee en gesê Steve Bannon se inligting aan Wolff se geskrif maak gebruik van vals inligting waarvan die bronne nie bestaan nie.

Die miljardêr het oor ’n lang tyd finansiële steun aan Bannon verleen, en haar distansiëring van Bannon word beskou as ’n groot terugslag vir sy poging om die Amerikaanse president te diskrediteer.

Foto – Steve Bannon