Toyota herroep 700 000 voertuie

Die motorvervaardiger Toyota SA het meer as 700 000 voertuie herroep weens probleme met veiligheid lugsakke in die voertuie.

Tien modelle is betrokke by die veldtog en is deel van ‘n wêreldwye veldtog wat verband hou met defektiewe lugsakke.

Geen verdere inligting is sover beskikbaar nie en eienaars word versoek om met hulle plaaslike handelaars in verbinding te tree.