Talle dood deur chemiese wapens in Sirië

Die senior diplomaat en minister van buitelandse sake van Amerika, Rex Tillerson, het Rusland daarvan beskuldig dat hy sy betrokkenheid om chemiese wapens in Sirië te vernietig, nie nagekom het nie.

Nooddienswerkers in die land het gerapporteer dat chemiese wapens gebruik is deur rebellemagte in hul hernude aanvalle naby Damaskus.

Die minister het verwys na die aanval deur Siriese magte teen die rebelle waartydens chemiese wapens gebruik is.

Siriese magte het die aanval uitgevoer teen die rebelle wat in hulle laaste vesting naby Damaskus is, en Rusland was verantwoordelik om toe te sien dat die Siriese magte nie enige chemiese wapens gebruik nie.

Tillerson sê die aanval het tot gevolg gehad dat minstens 20 burgerlikes, waarvan die meeste kinders is, slagoffers geword het van die gasaanval wat uitgevoer is.

Hy sê Rusland dra die verantwoordelikheid om te voorkom dat chemiese wapens gebruik word deur die regeringsmagte van president Assad, maar die jongste aanval getuig teen die Russe.

Foto – Minister Rex Tillerson