Skok tref Mashaba

Die Johannesburg burgemeester, Herman Mashaba, se oë het nogal oopgegaan met sy besoek aan besighede in die middestad.

Besighede wat dienstegelde skuld aan die raad, onwettige elektrisiteits koppelings deur besigheidseienaars , en besighede wat gesluit is deur die gesondheidsdepartement wat voortgaan met handeldryf is maar ‘n paar van die  “skokke” wat hy beleef het.

Daar is ook gevind dat elektrisiteitsmeters wat nog deur die raad geïnstalleer moet word reeds in gebruik is – dus is die meters deur amptenare van die raad geïnstalleer.

Besighede skuld die raad meer as R1 miljard in agterstallige rekeninge en heffings.

Foto: Herman Mashaba