Sesame / Sesamum indicum

Sesame is ‘n blomplant in die genus Sesamum. Dit is in die familie Pedaliaceae en die rang is Lamiales. Daar is Sesame families wat wild groei in Afrika en Indië. Dit word oral in die tropiese gebiede van die wêreld gevind en groei baie maklik in daardie gebiede. Die woord “sesame” is afgelei van die Latynse woord “sesamum” en die Arabiese woord “semsem”.

Sesame word gekweek vir die saadjies wat ons so goed ken wat so neuterig smaak oor gebak gestrooi. Die plante self sien ons eintlik nie. In 2014 is daar regoor die wêreld omtrent 6,2 miljoen metrieke ton saad geoes en die meeste produsente was Tanzanië, Indië en die Soedan.

Sesamesaad is een van die oudste oliesaad oeste bekend en kan nagevors word tot 3 000 jaar gelede. Hierdie saadjies het die hoogste olie inhoud van alle eetbare saad.  Hierdie plante kan droogte weerstaan en sal groei waar ander plante wat meer water vereis nie sal groei nie. Sesame lande vereis nie baie aandag nie en groei in droogte en hitte toestande en sal ook oorleef waar die reënval hoog is.

Sesame is ‘n jaarplant wat 50 tot 100 cm hoog word. Die takkies groei regop en het blare aan weerskante wat tot 14 cm lank word.  Hierdie plante dra geel klokkievormige blommetjies wat 3 – 5 cm lank is. Sommige sesameplante dra wit, blou of pers blommetjies. Die saadjies vorm in ‘n buisvormige dop met diep randjies. Die kapsuul is lank en word 2 – 8 cm lank en 0,5 – 2 cm breed. Die saadjies vorm in twee rye in hierdie kapsules. Die kapsule skiet oop sodra die oes ryp is. Dit laat ons aan ‘n ertjie dink.

Sesame plante groei die beste in goed dreinerende grond. Dit verkies omtrent 3 tot 6 maande rypvrye dae. Warm weerstoestande is die beste om hierdie plante te groei. Sesame plante het ‘n sterk wortelstelsel. Die saad moet geoes word voordat dit oopskiet. Dit word hoofsaaklik met die hande afgesny net voordat dit oopskiet en word dan so aan die takkies regop vasgebind totdat dit heeltemal ryp is. Indien die saad nie droog genoeg is nie, kan dit suur word en oneetbaar.

Tuiniers geniet u tuin tot volgende keer.